29 September 2026
Blitstoer: Wyk 18
WYK 18 GEMEENSKAP ONTMOET & GROET-TOER
Omdat ek hier bly, kan ek — en sal ek — opdaag.
Oor die volgende vyf weke gaan ek op ’n blitstoer deur Wyk 18, om inwoners te ontmoet waar hulle woon, werk en boer, oppad na die Plaaslike Regeringsverkiesing op 4 November 2026.
Ek nooi elkeen uit om te kom hallo sê.
Na ’n kort bekendstelling sal daar ‘n geleentheid wees om huidige kwessies, bekommernisse en toekomstige geleenthede vir ons wyk te bespreek, gevolg deur ’n informele ontmoet-en-groet.
Daar is geen formaliteite of verpligting om te bly nie. Kom vir ’n paar minute of bly tot die einde. Kies die datum en plek wat jou die beste pas — of kom gerus na meer as een.
Die sessies is doelbewus regoor Wyk 18 versprei om dit vir soveel moontlik inwoners maklik te maak om dit by te woon, insluitend ons plaasgemeenskappe.
Neem asseblief kennis: Die meeste van hierdie sessies word in die opelig gehou, en is dit afhanklik van die weer. Indien die weer onguur is, sal ’n verandering van plek of uitstel genoodsaak word. Ek sal dit so vroeg moontlik kommunikeer.
Ek staan om almal wat hier woon, te verteenwoordig.
Deel asseblief wyd en suid!
Peter J Muller
Onafhanklike Wyksraadslidkandidaat — Wyk 18
Bly hier. Dien hier. Veg hier
← Back to Blog